Hierdie lesse is nie net dinge wat ’n mens vir jou kinders kan leer nie, maar jy kan dit ook iewers opplak om jouself te herinner oor wat eintlik in die lewe belangrik is
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Moenie moed opgee as jy misluk nie. Daar is altyd iets wat jy daaruit kan leer om vorentoe te gaan.
- Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger.
- Meer en meer geld is nie die resep vir geluk nie.
- Kommunikasie is die sleutel tot gelukkige verhoudings.
- Harde werk vat ‘n mens vorentoe.
- ‘n Mens moet leer om nee te se.
- Bly weg van giftige mense wat jou aftrek.
- Leer om buigsaam en aanpasbaar te wees.
- Moenie jou te veel steur aan wat ander mense dink nie.
- Verandering is altyd moontlik.
- Dis noodsaaklik om jouself lief te hê en te versorg.
- Moenie jouself met ander mense vergelyk nie. Daar’s ‘n rede waarom ons almal uniek is.
- Soms gaan jy foute maak, maar dis belangrik om dan jammer te sê en aan te beweeg.
- Nie almal van ons het gesonde en goeie kinderjare gehad nie, maar dis nooit te laat om werklik gelukkig te wees nie.
- Vergewe jouself en ander mense.
- Verwonder jouself aan die klein dingetjies in die lewe.
- Vergeet soms van jou foon en bring tyd saam met regte mense deur.
- Moenie net vir eendag werk nie, onthou om vir ook vir nou te leef.
- Daag jouself konstant uit deur nuwe dinge te leer.
- Onthou om jou lewe te geniet.
BRONNE: www.wholeheartedwoman.org, www.hellopeacefulmind.org