Moeg en moedeloos? Hier is ’n paar klein dingetjies wat jy kan doen om gelukkiger en positiewer te voel. Nommer 4 is baie belangrik!
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
1. Gaan slaap as jy moeg is sodat jy uitgerus wakker kan word.
2. Maak iemand gelukkig – goeie energie is aansteeklik.
3. Wees jou eie rasieleier en vier klein oorwinnings.
4. Tel jou seëninge sodat jy kan sien daar is nog dinge om voor dankbaar te wees.
5. Sit alle elektronika soos slimfone, tablette en dies meer vir minstens een uur per dag weg.
6. Moenie jou alarm snooze nie, dit gaan jou net nog moeër maak.
7. Begin om ‘n joernaal by te hou. Dit is positief vir jou menswees.
8. Leer iets nuuts. Dit sal jou goed oor jouself laat voel.
9. Bring meer tyd alleen deur.
10. Huil as jy moet, maar moenie in hartseer verdrink nie.
11. Bring meer tyd in die buitelug deur. Sonlig op jou vel is goed vir jou.
12. Maak planne en kry doelwitte.
13. Kuier saam met jou geliefdes.
14. Koop ‘n dagboek en organiseer jou lewe.
15. Kry oefening.
16. Doen strekke in die oggend om jou bloedsomloop aan die gang te kry.
17. Doen iets buite jou gemaksone – iets wat jou goed skrikkerig maak.
18. Leer om nie jou energie op negatiwiteit te vermors nie. Laat gaan wat jy nie kan verander nie.
19. Glimlag vir jouself in die spieël. Wees goed vir jouself.
20. Onthou jy is in beheer van jou eie geluk, moenie van ander mense verwag om jou gelukkig te maak nie.
BRON: www.notesfromjoana.com