Ouers kan kinders afbreek of opbou. Hier is ’n paar maniere hoe jy kan help om jou kinders se selfbeeld te bou
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Wees onvoorwaardelik lief vir jou kinders.
- Bestee gehaltetyd saam met hulle.
- Komplimenteer jou kinders en sien hul pogings raak.
- Gee jou onverdeelde aandag as hulle gesels.
- Leer jou kinders om hul emosies op ‘n gesonde en toepaslike manier uit te druk.
- Wees ‘n goeie luisteraar.
- Jou kinders moet weet dat jou liefde en aandag nie van hul prestasies afhang nie.
- Leer hulle om vir hulself op te staan.
- Help hulle om hul talente te ontdek.
- Daag hulle uit en maak hulle nuuskierig oor die wêreld.
- Wys hulle dat jy hulle vertrou deur sekere besluite aan hulle oor te laat.
- Erken hul gevoelens.
- As daar konflik is, maak seker dat hulle weet jy is ontsteld oor hul keuses en nie met wie hulle as mense is nie.
- Praat met respek met hulle.
- Onthou jou kinders is nooit te oud vir drukkies nie.
BRON: www.inspiredbyfamily.mag.com