Verhoudings is nie maklik nie en huwelike wat jare en jare hou, word skaarser as hoendertande. Ons het ‘n paar wenke opgespoor wat kan help
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Laat jou geliefde geliefd voel. Sê dit wat jy voel.
- Luister sonder om in die rede te val.
- Bly jou eie mens en geniet afsonderlike stokperdjies en belange.
- Sê jammer en aanvaar ‘n verskoning. Laat gaan. Los die ou koeie waar hulle hoort.
- Wees goed vir jouself en versorg jouself.
- Kommunikeer soos ‘n volwassene. G’n stilstuipe!
- Moenie knaend wees nie. Vra iets mooi en doen dit self as jy kan.
- Moenie dat jaloesie ‘n probleem word nie.
- Gee jou maat gereeld komplimente. Moenie mekaar afbreek nie.
- Verlig mekaar se las. Paartjies help mekaar en is daar vir mekaar.
- Sê dankie en wys jou waardering.
- Hou dinge vars op die liefdesfront!
Hierdie artikel het eerste op paperandlace.com verskyn. Klik hier om dit te lees