Goeie ouers wil graag hul kinders gesond en gelukkig sien. Ons het ’n paar stappe opgespoor wat kinders kan opbou.
- Luister as hulle met jou wil gesels. Veral met klein kinders kan hierdie gesprekke baie lank voel, maar luister. Selfs al wil Seunskind oor die nuutste “level” in een of ander “game” gesels, luister, want dit laat hulle geliefd voel.
- Laat hulle hul gevoelens uitdruk en hul menings lug. Kinders moet gehoor en gesien word.
- Moedig kinders se vriendskappe aan met kinders wat jy weet gaaf is.
- Leer jou kinders om aan hul eie gevoelens aandag te skenk. Wat ervaar hulle en wat voel hulle? Hulle moet ook leer om na ander mense te luister en hul gevoelens in ag te neem.
- Wys jou kinders op hul sterk punte en wat hulle spesiaal maak. Moenie hulle met ander kinders en sibbe vergelyk nie.
- Daar moet elke dag vir hulle kans vir speel of ontspan wees.
- Eet as gesin saam.
- Wys hulle as jy gelukkig is. Jou geluk maak hulle ook gelukkig.
- Sê vir jou kinders elke dag hoe lief jy vir hulle is en wys dit.
- Doen lekker dinge saam. Dit hoef nie baie geld te kos nie. Kyk ‘n fliek saam, speel ‘n speletjie, gaan stap, loop parkie toe, gesels.