Is jy waarlik gelukkig? Kyk hier na die gewoontes van gelukkige mense. Herken jy jouself?
1 Hulle versorg hulself – slaap genoeg en leef gesond.
2 Hulle lag baie en geniet die lewe.
3. Hulle dink nie die wêreld skuld hulle iets nie.
4. Hulle hou daarvan om nuwe dinge te leer.
5. Hulle is oop vir ander mense se denkwyses.
6. Hulle het ‘n hart vir ander mense.
7. Hulle kan die klein dingetjies in die lewe geniet.
8. Hulle is dankbaar vir die goeie dinge in hul lewe.
9. Hulle probeer positief bly.
10. Hulle neem verantwoordelikheid vir hul aksies.