Ons almal is dit eens, ons het nie genoeg geld nie en ons soek meer. Ons kry wenke
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Spandeer minder geld as wat jy verdien.
- Maak vir jouself ‘n rekening vir ‘n noodfonds oop.
- Hou op om jouself met ander mense te vergelyk. Jy weet nie watter skuld en probleme hulle het nie.
- Probeer alternatiewe bronne van inkomste soek.
- Betaal die skuld met die hoogste rentekoerse eerste af.
- Persoonlike finansies gaan oor 20% kennis en 80% gedrag.
- Jy moet ‘n begroting en geldplan hê.
- Kyk na jou houding oor geld. Is jy ‘n slagoffer en sien jy jouself as iemand wat net nooit geld sal hê nie? Maak ‘n kopskuif.
- Moenie wag vir môre nie, begin vandag kyk hoe jy kan spaar.
- As jy hulp nodig het, vra raad.
BRON: The Savvy Couple,