Dink jy jou lewe is saai en ander mense se lewens is baie beter as joune? Ons het ’n paar punte opgespoor wat jou dalk met ‘n kopskuif kan help …
- Werk daaraan om minder te kla. Begin met ‘n dankbaarheidslys en skryf elke dag minstens drie dinge in jou lewe neer waarvoor jy dankbaar is.
- As daar negatiewe mense in jou lewe is, detoks. Probeer om minder tyd saam met hulle deur te bring en as daar mense is wat jou afbreek, doen introspeksie en besluit watter verhoudings in jou lewe vir jou waardevol is.
- Kies een van jou vaardighede en ontwikkel dit.
- Stel vir jouself doelwitte en skryf die stappe neer om dit te bereik.
- Onthou dat foute en mislukkings deel van die lewe is. Jy kan net jou reaksie daarop beheer.
- Probeer om te oefen en goedvoelhormone af te skei – al is dit net om vinnig om die blok te stap.
- As jy voel dat TV en jou selfoon te veel van jou tyd steel, herdink dit. Wat kan jy eerder met jou tyd doen wat goed vir jou is?
- Alleentyd is nie altyd maklik nie, maar broodnodig. Koester jouself en leer jou waarde ken. Mens kan nie uit ‘n leë koppie skink nie, sorg eers vir jouself.
- Leef bewustelik. Sien dinge om jou raak, proe jou kos, geniet jou tyd saam met jou mense, kyk om jou in die verkeer, ruik jou oggendkoffie, probeer om in die oomblik te leef en dit werklik te geniet.
- Sê vir jou mense hoe jy oor hulle voel. Deel komplimente uit en doen soms vir iemand iets sonder om enigiets terug te verwag.