Volgens die Suid-Afrikaanse Verbruikersunie is daar ’n hele paar dinge wat verbruikers kan doen om die beste produk of diens te verseker:
- Vergelyk handelsmerke en koop rond en bont.
- Vergelyk winkels en dienste.
- Maak seker van verskuilde en ekstra kostes soos afleweringsfooie.
- Verkry ʼn skriftelike bewys van die afleweringsdatum.
- Lees waarborge en kontrakte deeglik.
- Maak seker wat die besigheid se beleid is rondom goedere wat teruggegee word.
- Moenie aanneem dat ʼn produk ʼn winskoop is net omdat dit as een adverteer word nie.
Na afloop van ’n aankoop:
- Volg instruksies rondom die gebruik van die produk noukeurig. Hou ook alle brosjures, advertensies en gebruikershandleidings wat tydens die aankoop aan jou verskaf is.
- Hou alle kwitansies, waarborge en instruksies.
- Gebruik die produk slegs soos aangedui.
- Lees alle waarborge noukeurig.
- As jy ʼn probleem optel, rapporteer dit so gou as moontlik.
- Hou ʼn rekord van al jou pogings om die probleem op te los.
- Volg die klagteprosedure noukeurig.
- Hou afskrifte van alle briewe wat jy gestuur het, asook die antwoorde wat jy daarop ontvang het.
- Gebruik die modelnommer, die reeksnommer en die handelsnaam van die produk.
Bron: www.sancu.co.za