Slimfone is steeds een van die draagbare goedere wat die meeste gesteel word. Hier is 10 handige wenke om jouself teen mobiele-toestel-diefstal te beskerm
In ’n tyd wanneer meeste mense hulle lewens op hul fone geberg het, is slimfone, volgens eisstatistieke van Virseker, steeds een van die draagbare goedere wat die meeste gesteel word.
“Die ongerief om ‘n so ‘n duur toestel, saam met jou kontakte en foto’s kwyt te wees is een ding, maar die feit dat misdadigers toegang tot jou apps, e-posse, wagwoorde en bankrekeninge kan kry indien hulle nie behoorlik bewaar word nie, herinner ons aan die kardinale belang van waaksaamheid wanneer dit by foonsekuriteit kom”, sê Elmarie Twilley, woordvoerder van Virseker.
Slimfoondiefstal is ‘n opportunistiese misdaad. Boewe sien ‘n foon wat by ‘n sak of handsak uitsteek, op ‘n koffietafel lê of op die skoot van ‘n motoris wat met ‘n oop venster ry en hulle slaan onmiddellik toe. Siende dat slimfone ‘n goeie paar duisend rand werd is op die swartmark, is dit maklike geld.
Misdadigers is ook besig om slimmer en meer doeltreffend te word met diefstal – van sakkerollery, tot die steel van fone in verkeer en selfs die gebruik van kinders as aandag-afleiers om hulle te help om die taak uit te voer.
Met dit in gedagte, bied Virseker die volgende 10 handige wenke om jouself te beskerm teen mobiele toestel diefstal:
- Wees baie versigtig met die tipe inligting wat jy op jou foon berg en deel – om byvoorbeeld foto’s van jou ID dokument of boodskappe met jou kredietkaartbesonderhede te berg, is nie ‘n slim idee nie.
- Tref die nodige voorsorgmaatreëls om die inhoud van jou foon te beskerm en ‘n rugsteun, of “backup” daarvoor te hê. Begin met sterk wagwoorde, vingerafdruk- of retina-herkenning en verseker dat jou foon jou toestemming vra voordat dit via Wi-Fi of Bluetooth aan enige ander toestel koppel.
- Moet nooit sensitiewe transaksies, soos elektroniese fonds oorplasings, oor onbeveiligde Wi-Fi verbindings doen nie.
- Installeer ‘n nasporings-app om te help om jou foon op te spoor wanneer dit gesteel word – een wat jou toelaat om die inhoud daarvan uit te wis indien nodig, selfs al is jy nie by die foon nie.
- Hou jou foon versteek wanneer jy dit nie gebruik nie – vermy dit om dit oop en bloot op ‘n tafel of motor-paneelbord te los, of dit sonder toesig in jou kantoor of ander openbare ruimte te laat.
- Skakel jou foon na silent- of vibratemodus wanneer jy in ‘n openbare plek is en antwoord dit slegs wanneer dit veilig is.
- Wees voortdurend bewus van jou omgewing – wees veral op die uitkyk vir vreemdelinge in jou persoonlike ruimte, of vir die wat probeer om jou aandag af te trek, selfs al is hulle kinders.
- Hou ‘n veilige rekord van jou foon se “PUK” en reeksnommers.
- Indien jou foon gesteel word, rapporteer dit onmiddellik aan jou netwerk-operateur en verkry ‘n swartlys verwysingsnommer. Wanneer dit foon geswartlys is, sal die dief dit nie kan gebruik en jou rekening die hoogte in dryf nie.
- Maak seker dat jou foon genoegsaam verseker is teen die korrekte vervangingswaarde.
“Jy kan op enige gegewe tydstip ‘n klein fortuin in die vorm van ‘n mobiele toestel saam met jou dra”, sê Twilley. “Terwyl draagbare goedereversekering jou teen diefstal en sekere soorte skade aan hierdie toestelle dek, is dit wys om liefs versigtig en waaksaam te wees om beide skade en diefstal te vermy.”
Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ‘n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354)
Enige verwysing na “ons”, “deur” of “met” op hierdie webwerf/advertensie verwys na Auto & General.