Het jy jou muse verloor? Ons soek ‘n paar idees opgespoor om jou kreatiwiteit aan te wakker
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Laai Evernote op jou foon af en neem idees op soos wat dit in jou kop opkom.
- Hou notaboekies in jou motor, handsak en by die huis. Skryf dit dadelik neer as jou kreatiewe idee jou tref!
- Skep ‘n stelsel om jou idees te organiseer.
- Skryf die stories neer van waar jou beste idees kom.
- Daag jouself uit om vir sewe dae na mekaar met iets kreatiefs vorendag te kom.
- Kies ‘n lukrake idee en skryf of teken of skep iets om daardie idee of woord.
- Skryf tien oplossings vir ʼn idee neer.
- Skep iets in ‘n genre of styl wat jy nie noodwendig sou kies nie.
- Analiseer ‘n stuk werk wat jy bewonder en skryf neer waarom dit vir jou besonders is.
- Skep iets net omdat dit pret is.
- Organiseer jou werksruimte en maak jou ruimte mooi.
- Luister na musiek, lees iets of gaan kyk na iets wat jou inspireer.
- Skep gereeld nuwe dinge wat niemand hoef te sien nie.
- Bestee ‘n paar uur met jouself en ‘n notaboek en dink aan nuwe kreatiewe idees.
- Bestee ‘n kwartier per dag net aan nuwe idees.
- Kry genoeg rus.
- Dink aan iets of iemand wat jou inspireer.
- Hou op van perfeksie droom. Doen ook iets wat jy net geniet.
- Leer iets nuuts oor jou vakgebied.
- Ignoreer jou gewone rituele en roetine. Dink buite die boks.