Jy kán minder water gebruik en steeds met ’n skoon huis spog! SPAR Germex met G-cide gee hiérdie maklike wenke om water te spaar terwyl jy skoonmaak
Ai, nee! Laat kieme les opsê!
- Moenie jou handsak op die werksvlak waar jy kos maak of op tafels neersit nie.
- Vee ook jou handsak en skootrekenaarsak met die Germex higiëniese lappies af om van 99,9% van die kieme en swamme daarop ontslae te raak.
- Doen dieselfde vir jou selfoon en kredietkaarte.
- Vee ook hernubare, plastiek inkopiesakke so af met van die Germex Hygiene Liquid.
Emmer vir emmer
- Gebruik ’n emmer water om mee skoon te maak in plaas daarvan om heeltyd krane oop en toe te draai en gebruik ’n goeie gehalte skoonmaakmiddel soos die SPAR Germex-reeks sodat jy so min as moontlik skoonmaakmiddel op ’n slag gebruik. Jy sal ook nie soveel water nodig hê om die skoonmaakmiddel mee af te spoel nie.
Speeltyd
- Was plastiekspeelgoed met die Germex Hygiene Liquid
- Vee die speelgoed wat met batterye werk met Germex higiëniese lappies af om die kieme daarop te beveg.
Skoon hande – sonder water
- Germex-waterlose handwasmiddel en Germex higiëniese lappies is perfek om jou hande mee skoon te maak en sommer ook teen kieme te veg sonder om water te gebruik. Veral ook nuttig wanneer jy by die winkels of so is!
- Die Germex higiëniese lappies kan ook gebruik word om oppervlakke mee af te vee, byvoorbeeld jou lessenaar en die rekenaar se sleutelbord. Hou gerus ’n houertjie byderhand by die kantoor.
Troeteldiere
- Gebruik Germex Hygiene Liquid om jou troeteldiere se kosbakke, waterbakke en katsandbak te was én te ontsmet.
Alles pragtig skoon
- Germex se kombuis-, badkamer- en vensterskoonmaakmiddel maak in ’n japtrap (en sonder om baie water te gebruik) dié drie plekke skoon terwyl die G-cide-formule met die kieme klaarspeel.
Wat is G-cide?
Dis ’n biodegradeerbare en verbruikersvriendelike chemikalie wat gebruik kan word as ’n ontsmettings- en steriliseermiddel om 99.9% van bakterieë, swamme en virusse te dood.
Die SPAR Germex-reeks is:
- Die eerste om die krag van G-cide te bied
- ’n 3-in-1-oplossing wat 99.9% van bakterieë, swamme en virusse dood
- Hipo-allergenies en nie-toksies
- Nie op diere getoets nie
- Deur dermatoloë goedgekeur
- Gemaak met voedselgraad kleurmiddels en biodegradeerbare bestanddele
- Gemaak met gliserien, aloe-vera-olie en ’n Europese plantekstrak