’n Lendelam boekrakkie, krytverf, verbeelding en genoeg tyd is wat jy nodig het. Hier is die stappe om ’n boekrak in seekleure te verf
Deur: Eldaleen Hugo
Voor
Dié rakkie pla my nou al jare, want dit doen niks vir my huis se dekor nie. Ek is tans in ’n bui vir son, see en sjampanje en het ’n spesifieke blou wat my aan Griekeland laat dink vir dié projek in gedagte gehad. Ek het ’n hele paar van Granny B’s Old Fashioned Paint gebruik en gemeng tot ek die regte kleur blou gekry het en ek noem dit Kalimera-blou – hoe dan nou anders?
Meng die ses kleure eers in gelyke hoeveelhede en toets die kleur. Voeg nou bietjies-bietjies nog van die die kleure by (toets voortdurend) om die Kalimera-blou te kry. Die geheim lê in die byvoeging van Purple Reign. Die ses Granny B-kleure wat ek gemeng het, is:
- Bubble-gum Milkshake
- Blueberry Pie
- Blue Bajou
- Icicle Blue
- Midnight Blue
- Purple Reign
Ek het die hele kassie eers met ’n mengsel van Chocolate Cake, Grainsack en Mushroom (gelyke hoeveelhede) geverf en met Black Betty gedroogborsel. Dis die kleur wat hier en daar wys as jy die kassie later skuur om ’n verweerde effek te kry, maar jy hoef dit nie te doen nie.
Die volgende stap was om die die hele kassie met Beach Sand bo-oor die eerste mengsel te verf en daarna het ek die blou dele geverf.
Die Kalimerablou is bo-oor met Beach Sand gewas/ gedroogborsel
Ek het hier en daar Black Betty (bitter min) gebruik en die boontste detaildele liggies hier en daar gedroogborsel (dis vir ’n meer geoefende hand en nie noodsaaklik nie)
Gebruik eers fyn skuurpapier om die verweerde effek te kry (jy wil nie al jou handewerk tot niet maak nie) en waar jy dan meer verf wil verwyder, gebruik daar sterker skuurpapier.
Na
Wenke
- Ek het oral meer as ee n laag verf opgesit en voor ek die rakkie finaal met Granny B se Armour geseël het tussendeur ook geseël om te keer dat die verskille nde kle ure meng waar dit bymekaarkom.
- As jy Armour tussendeur gebruik, ka n jy mak lik met ’n klam lap – pie die verf afv ee waa r jy met ’n bewerige of te vinnige hand oo r ’n ander kleur geverf het.