Die inspirasie vir dié kassie kom van die straatjies in Marokko waar als met die wonderlikste blou geverf is. Hier is die stappe om ’n laaikas in Marokkaans te verf en stensil
Deur: Eldaleen Hugo
Voor
Omdat ek so baie van blou hou, het ek hierdie eenvoudige kassie, wat ek langs die pad gekoop het, in kleure en patrone geverf om my aan die mooi van Marokko, wat op my reislys is, te herinner.
Voorbereiding
Ek het hardebord laat sny en dit met klein spykertjies aan die agterkant en die sykante vasgesit. Dié kassies se kante is gewoonlik oop en ek wou nie die laaie se meganismes of die kant van die mandjies sien nie. Ek het ook vir afronding en dimensie houtstrokies aan die voorkante van die laaie met klein spykertjies vasgesit. Die hele kassie het ek met spiritus skoongemaak om seker te wees ek werk met ’n skoon oppervlak.
Verf
Ek het Granny B’s Old Fashioned Paint gebruik en Granny B Armour om te seël. Die stensilverf neem tyd en hierdie projek is nie ’n vinnige een nie. Jy moet geduld hê en bereid wees om stensilverf oor te doen as dit nie mooi lyk nie. Ek het voor die stensilverf die geverfde oppervlak eers met Armour geseël en die hele kassie is weer aan die einde goed geseël.
Stap 1
Daisy oraloor. Seël.
Stap 2
Blue Berry Pie op die agterkant, binnekant, sykante en die laai se metaalmeganismes en houtstrale. Seël.
Stap 3
Bokant nog ’n laag Daisy. Sëel weer. Stensil met Blue Berry Pie, Icicle Blue, Teacup Green, Bubblegum Milkshake en Tropical Cocktail. Ek het die kleure in die stensilproses met mekaar ingesmelt om skakerings van die kleure te kry. Seël.
Stap 4
Stensilverf op sykante is Daisy. Seël.
Stap 5
Droogborsel met Daisy op Blue Berry Pie aan die voorkant, laaimeganismes, houtstroke op laaie en binnekant. Seël.
Stap 6
Seël die hele kassie weer.
Na