Omring jou met die hartsgoed wat jy op jou reise deur die lewe versamel
Maryke Roberts
4 maniere om die natuur in jou huis in te bring
1 Tel droë takkies in jou tuin op; tel dryfhoutjies op die strand op of bedel ’n paar droë wingerdlote by vriende. Sny almal een lengte, bind aan mekaar vas en gebruik as uitstalling in jou badkamer of kombuis. Sit vars kruie of ’n blaartjie uit die tuin tussen-in vir ietsie groen.
2 Maak ’n pragtige kristalbak van jou ouma vol rivierklippe en stal op ’n koffietafel uit.
3 Koop ’n paar draadblomme by ’n straatsmous en helder op met blomme of blare en as jy niks groen in die tuin het nie, bind vrolike, veelkleurige Franse lint daarom.
4 Snuffel by tweedehandse markte vir ou botteltjies en sit ou dryfhouttakkies daarin, met ’n groen blaartjie of laventelblommetjie tussen-in vir lewe in jou badkamer.
SOURCES
Jac Kritzinger