Dremel wys jou hoe om sneeuvlokkies te maak vir feestelike vensters
Inspireer jou vriendinne en helder jou woonkamer op met pragtige sneeuvlokkies in jou venster
Al is dit nou lekker warm somer hier by ons, kan jy ‘n Europese Kersfeesgevoel optower met hierdie fraai sneeuvlokkies. Dit sal ewe mooi lyk of jy van buite af binnetoe na jou helder verligte kamer kyk of as jy deur jou versierde venster na buite kyk.
Met dié seisoen se modekleure silwer, goud, swart en wit kan jy sneeuvlokkies en ysnaalde maak wat jou vriendinne sal beïndruk en half jaloers maak. Dis maklik om te maak, maar is beslis iets wat jou huis feestelik en spesiaal sal laat lyk!
Dis so maklik: kry net al die materiale hier onder bymekaar en spring aan die werk.
Materiale:
- Dremel 7700 met die diamantwielpunt 7103
- Dremel gomgeweer 930 en 7mm helder gom
Glasskywe
- Spieëlskywe in verskillende groottes
Glasdruppels / ysnaalde
- Verskillende smal stroke lint van organza en satyn in swart, goud en silwer
- Verskillende goud-, silwer- en swart krale en rondele(spesifieke soorte krale) met gaatjies wat groot genoeg is om die linte deur te ryg
- Buigbare kralewerknaald
- Sneeuvlokkiesjablone
Eerste stap:
Laai eers ons sneeuvlokkiesjablone af en pas hul grootte by jou behoeftes aan, of teken jou eie ontwerpe om op jou verskillende skywe te pas. Graveer só op die glasskyf: plaas die skyf oor die sjabloon en plak dit mooi stewig met kleefband vas. Gebruik die Dremel 7700 met die 7103-diamantwielpunt en graveer die sneeuvlokkiemotief op die glasskyf. Nadat jy die buitelyne afgetrek het, verwyder jy die skyfie van die sjabloon en sit dit op ‘n stuk donker papier om die graveersel mooi te kan sien. Maak enige bewerige of dun lyntjies reg deur hulle netjieser of dikker te maak waar nodig. Daarna moet jy alle stoffies wegborsel en die skyf met ‘n sagte lap sonder pluisies poets.
Tweede stap
Teken sneeuvlokkies op die spieëlskywe met ‘n fyn permanente merkpen en volg die sjablone om sneeuvlokkies se buitelyne met die Dremel 7700 met die 7103-diamantwielpunt te graveer. Poets die gegraveerde spieëlskywe.
Derde stap
Gebruik jou Dremel 7700 met die 7103-diamantwielpunt om spirale en strepe op die glasdruppels te graveer.
Vierde stap
Ryg die smal lint deur die gaatjie van die glasskyf of glasdruppel, ryg dan ‘n paar krale tussen rondele in.
Vyfde stap
Gebruik die Dremel gomgeweer 930 and 7mm helder gom om die gegraveerde spieëlskywe bokant die krale met hul agterkante teen mekaar te plak. Druk die lint se eindpunte tussenin.
Sesde stap
Ryg ‘n rondeel en ‘n ander kraal deur die lint en knoop die ente om jou ornament te voltooi.
Besoek die Dremel-webwerf vir nadere inligting: http://www.dremeleurope.com