Lente is tradisioneel skoonmaaktyd en weggooityd. Hier is ’n nuttige aftiklys om jou huis skitterblink te maak
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
KOMBUIS
- Vee alle kaste en werksoppervlaktes af.
- Maak die wasbakke skoon.
- Pak die ys- en vrieskas uit en maak skoon. Smeer gliserien aan die binnekant om die volgende skoonmaak makliker te maak. Jy kan ook ‘n bakkie met koeksoda in die yskas sit om van slegte reuke ontslae te raak.
- Pak kaste en rakke uit. Gee weg wat jy nie meer gebruik nie en gooi stukkende goed weg. As rakke oud is, sit nuwe papier daarop.
- Maak die skottelgoedwasser ordentlik skoon. Gooi koeksoda en asyn onderin.
- Maak die mikrogolfoond skoon. Sit ‘n bak water met suurlemoen daarin en vee dit daarna uit.
- Maak die vloere skoon en kyk veral in die hoeke.
- Mak die asblik skoon.
- Was die vensters.
- Stof die mure af.
- Gooi ou skoonmaakprodukte weg.
WOONVERTREK
- Maak die vloere goed skoon. Was die vensters.
- Maak kaste skoon en ontklotter.
- Stof alles goed af. Onthou die ligte ook.
- Vee lampe af. Lintrollers werk goed hiervoor.
- Was die vensters en mure af.
- Maak die matte skoon. Los koeksoda vir ‘n halfuur en stofsuig.
- Stof die boeke af en sit sillikapakkies tussenin om dit teen vogtigheid te beskerm.
KAMERS
- Gaan deur die kaste en gee weg wat jy nie meer dra nie.
- Raak van ou grimering en produkte ontslae.
- Ontklotter jou bedkassies.
- Kyk na jou linnekaste. Gooi weg wat nie meer bruikbaar is nie en gee weg wat jy nie meer gebruik nie.
- Stof alles goed af.
- Was vensters en mure.
- Maak bed en matras skoon.
- Vee vensters af. Maak vloere en matte skoon.
BADKAMERS
- Maak kassies skoon en gooi ou produkte weg.
- Was die spieëls en vensters.
- Skrop die toilet, bad en stort.
- Was die vensters en vloere.
- Klaar? Bederf jouself met iets nuuts vir die huis. Dink aan goedkoop maniere om jou huis op te kikker? Selfs ‘n nuwe prent vir ‘n muur maak ‘n groot verskil.