In Germarie Bruwer en Margaux Tait se splinternuwe boek Skep ‘n tuiste gee hulle alledaagse artikels ‘n kinkel. Herwinning en hergebruik is die sleutelbegrippe in hul ontwerpe.
Die projekte is geskik vir alle handwerk- en dekorentoesiaste – van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede.
Germarie Bruweris ’n binnehuisontwerper, ’n selfdoen-fanatikus en ’n webjoernaalskrywer. Margaux Taitis ’n dekor- en leefstylstilis, grafiese ontwerper, fotograaf en entrepreneur. Saam het hulle Homeology ontwerp (www.homeology.co.za) – ’n deel van idees en kreatiewe uitlaatklep wat daarop gemik is om liefhebbers van kuns, handwerk, dekor en ontwerp te inspireer.
Hul boek is ook in Engels as Make Your Home beskikbaar en word deur Random House/Struik Lifestyle uitgegee.
Hier is hul topwenke:
1) Kry al jou idees op een plek
Dis moeilik om te weet wat jy wil hê as jy nie seker is waarvan jy hou nie. Begin deur ‘n ideesbord op Pinterest te skep, of maak ‘n notabord met al jou gunsteling- inspirasieprente uit tydskrifte sodat jy al jou idees kan saamsit. Dit heerlik om te sien hoe ‘n projek aan die gang kom.
2) Moenie bang wees nie!
Daar is so ‘n groot hoeveelheid inligting beskikbaar, van hoe om ‘n kombuiswasbak te installeer tot hoe om ‘n dak op jou stoep te bou. As jy genoegsame navorsing doen, kan jy enigiets vermag. ‘n Wonderlike inspirasieboek soos Skep ‘n Tuiste help natuurlik ook!
3) Definieer jou styl
Die dae van rigiede en voorskriftelike interieurontwerp is gelukkig iets van die verlede. So lank as wat jy gemaklik is met dit wat jy in ‘n vertrek saamgesit het, kan dit werk. Soos Morris gesê het: Moet niks in jou huis hê wat jy nie bruikbaar vind of glo mooi is nie. Glo aan jou keuses en wees oor jou huis!
4) Jy kry waarvoor jy betaal
Of jy nou ‘n hele huis oordoen of slegs ‘n enkele vertrek, maak altyd seker dat jy die beste gehalte koop wat jy kan bekostig. Gereedskap, materiale en verf kom in verskeie gehalte, so maak seker dat jy altyd ‘n goeie handelsnaam kies selfs al kos dit meer. En maak ook seker dat jy altyd die vervaardiger se gebruiksaanwysing volg om die gehalte van die produk te verseker.
5) Neem jou tyd
Moet nooit ‘n projek afjaag en só op die gehalte inboet nie. Laat dit eerder langer neem en maak seker dis reg. As dinge nie behoorlik set, droog raak of kuur nie sal dit nie lank hou nie en al jou harde werk sal verniet wees.
Bowenal, geniet die proses – jou handewerk moet jou trots wees!