Hierdie resep, wat kokkerotte uit Habikino City in Osaka uitgeroei het, is steeds net so doeltreffend en goedkoop, as tóé.
Click here for the English recipe
Bestanddele
250 g boorsuur-*poeier (boric acid)
200 g vars uie, sonder water verpulp en versap
20 g styselpoeier
25 g (5 t) poeiermelk
20 g koekmeel
30 g suiker
- Meng alles saam in ’n plastiekbak.
- Sprei ‘n ou koerant in die motorhuis of op jou stoep oop en gooi die nat mengsel vroeg in die aand daarop uit. Laat dit deur die nag staan.
- Maak die volgende oggend vingernaelgrootte balletjies van die pasta wat jy op die koerant aantref.
- Plaas die balletjies oral waar jy al kokkerotte gesien het, maar veral by die skottelgoedwasbak, by rioolopeninge en in jou kruidenierskaste.
- Drie tot sewe dae later is daar geen kokkerot in jou huis oor nie. Wenk: Deel hierdie resep met jou bure. Só maak jy ‘n groter area kokkerotvry.
Belangrik om te weet*
Boorsuur (Boric Acid) en Boraks (Borax) is nie dieselfde ding nie. Boraks is Na2B4O7-10H2O en Boorsuur is H3BO3.
Boraks kan as plaasvervanger vir boorsuur in die resep gebruik word, maar is nie 100 % so doeltreffend soos boorsuur nie.
NB!
Boraks is geheel en al taboe vir menslike gebruik. Daar word beweer dat die inname van 56 g boraks ’n volwassene se dood kan veroorsaak. Hou die balletjies wat as kokkerot-dehidreermiddel gestrooi word, buite bereik van kinders.