Hoe gemaak as jou slaapmaat jou op koue winternagte ooptrek?
- Plaas ‘n plat laken tussen jou en die duvet, dit voorkom dat die ander persoon hom of haarself in die duvet kan oprol. Die plat laken help ook om die duvet skoon te hou en kan in die somer gebruik word as die duvet te warm is.
- Maak seker die duvet is groot genoeg sodat albei van julle warm kan bly. Byvoorbeeld: ‘n Dubbelbed is 137 cm en ‘n dubbelduvet 200 cm wyd. Dit laat ‘n oorhang van net oor 30 cm aan weerskante.
- ‘n Koningingrootte duvet (230 cm) op ‘n dubbelbed sal ‘n 45 cm oorhang hê, wat beter is vir albei van julle. Die hoogte van die bed sowel as hoe hy opgemaak word, moet ook in aanmerking geneem word.
- ‘n Koningingrootte bed is tipies 152 cm wyd en ‘n koninginduvet is 230 cm – wat ‘n oorhang van net onder 40 cm aan elke kan laat en wat gewoonlik vir paartjies aanvaarbaar is.
- ‘n Koninggrootte bed is tipies 183 cm wyd en ‘n koningduvet is 230 cm wyd (nes die koningingrootte), maar die oorhang is net minder as 24 cm – wat nie genoeg vir paartjies is nie. Die opsie hier is om ‘n “super king” duvet (260 cm) met ‘n oorhang van 39 cm op ‘n koninggrootte bed te gebruik.
- Maak seker van die volgende voor jy ‘n duvet koop: die grootte van die bed, die styl van die bed (matras en basis en sleevorm), die hoogte van die bed vanaf die grond en die styl van die duvet met of sonder die Oxford-flappe.
Vir meer inligting besoek www.linendrawer.co.za