Maak nie saak hoe oud die kewpiepoppe is nie, hulle bly baie gewild. Gee jou ou pop ‘n nuwe lewe met die decoupage-tegniek.
Marlo Kitshoff-Carstens
Decoupage ‘n kewpiepop
BENODIGDHEDE
1 plastiek-kewpiepop
2 pakkies gips
ou botterbakkie
modge podge
kwas
wit papier
geblomde papier of papierservette
Stap 1
1 Haal kewpiepop se kop af. Draai pop se bene en arms soos verkies, hetsy staande of sittende.
Stap 2
1 Gooi gips in botterbakkie, een pakkie op ‘n slag.
2 Voeg genoeg water by sodat dit vloeibare mengsel is, maar nie te waterig nie.
3 Roer sodat mengsel glad en sonder klonte is.
4 As gipsmengsel te styf raak, kan nog water bygevoeg word. Roer net aanhoudend tot glad.
5 Die gipsmengsel word by nekgedeelte van kewpiepop ingegooi.
6 Stamp gereeld kewpiepop op werksoppervlak sodat gips orals kan invloei, veral in kleiner ruimte soos bene en arms.
7 Die kopgedeelte moet onderstebo op leë koppie of bakkie geplaas word en driekwart met gips gevul word.
8 Laat kewpiepop 2 lae lank droog word, of langer indien gips nie heeltemal droog is nie.
Stap 3
1 Druk kewpiepop se kopgedeelte weer terug op sy lyf. As jy sukkel om kopgedeelte terug te druk, kan jy met snoeiskêr klein kepie in nekgedeelte sny sodat kopgedeelte makliker kan oorskuif.
2 Verf klein dele op ‘n slag met modge podge en plak wit papier, wat in klein stukkies geskeur is, op lyf vas. Die wit papierstukkies moet effens oorvleuel.
3 Bedek hele lyf en kopgedeelte van kewpiepop met wit papier. Niks van oorspronklike kleur moet deurskyn nie.
4 Gebruik baie klein stukkies geskeurde wit papier by kleiner deeltjies soos oog- en wanggedeeltes.
5 Hoe kleiner die kewpiepop, hoe kleiner moet wit stukkies papier geskeur word. Dit verseker netjieser eindproduk.
6 Maak seker dat wit papier die kop- en nekgedeelte bymekaar hou omdat gips nie heeltemal by nekgedeelte gevul is nie. Die wit papier en modge podge is al produk wat nekgedeelte goed bymekaar hou.
7 Plak nog ‘n lagie wit papier om nekgedeelte om dit te verstewig. Laat goed droog word, verkieslik oornag.
8 Verf hele lyf en kopgedeelte weer met dik laag modge podge en laat oornag droog word.
9 Dit gaan soos wit beeldjie lyk wanneer alles klaar en droog is.
Stap 4
1 Skeur nou papier of papierservet in kleiner dele.
2 Plak stukkies papier op dele van lyf soos verkies.
3 Verf klein dele op kewpiepop se lyf met modge podge en plak stukkies papier of servette, wat jy ook al gebruik, totdat hele lyf van pop bedek is.
Stap 5
1 Verf eers een laag en laat droog word voor volgende laag geverf word, gewoonlik 24 uur.
2 Verf ook elke laag modge podge in verskillende rigting as vorige laag.
3 Verf 3 tot 4 lae van modge podge oor hele kewpiepop se lyf .
WENK Hou die kwas waarmee die modge podge geverf word, sommer in ‘n plastieksakkie en draai dit styf toe om die kwas weer te kan gebruik. Dis nie nodig om die kwas keer op keer uit te spoel nie.
SOURCES
Elmarie Knapton