Maak iets moois met goedkoper glasgoed.
Greta Gericke
Grofheid in glas
Vetplante is veelsydig. Vul twee van die glaspotjies met klippies, grond en vetplante. Hierdie plante het nie baie water nodig nie en werk perfek in hierdie flessies. Wat die middelste blompot so mooi maak, is die vertakkings van die wortels. Dié sal slegs as ’n tafelversiering gebruik word en weer ná die tyd in die grond geplant word. Die vetplant kan nie vir dae lank in die water bly nie.
Metode en wenke Maak die klippies mooi skoon voor jy dit in die flessies plaas. Die hele idee is om die lae te kan sien. Wit klippies werk ook goed. Gebruik donker grond om die kontras tussen die twee lae meer te beklemtoon.
Stoorplek vir tou
Bêre tou op ‘n praktiese, maar ook estetiese manier. Glasflessies wys die kleur en tekstuur van die tou en jy kan onmiddellik sien watter tou jy wil gebruik.
Metode en wenke
Maak ’n gaatjie met ’n hamer en spyker in die deksel van die fles sodat die tou daardeur kan pas.
Ekstra projek Omskep ‘n gloeilamp in ‘n blompot!
Glashelder ontbyt
Ek het ’n stel van twee gloeilampe teen R89 by Typo gekoop om sout- en peperpotjies daarvan te maak. Daar is baie video’s op die internet wat jou stap vir stap wys hoe om ’n gloeilamp uitmekaar te haal en dan blompotjies daarvan te maak.
Metode en wenke Regte gloeilampe moet liefs nie as sout- en peperpotjies gebruik word nie, maar slegs as blompotjies. Wees versigtig wanneer jy dit uitmekaar haal en volg die instruksies sorgvuldig.
Kersstaanders
Hierdie is ’n maklike, glansryke versiering! Wynglase kan vinnig in kersstaaders omskep word.
Metode en wenke Kies ’n kleurskema soos lemmetjiegroen, wit en ligte houtkleure. ’n Bossie kruie om die nek van die glas gee ’n vars geur af. Bind dit net met tou vas. Meng die glase ook met blomstele wat min of meer dieselfde lengte as die glase is.
SOURCES
Jac Kritzinger