Jy hoef nie Nederland te besoek om hierdie bekende blomme in al hul prag te ervaar nie.
Vra enigeen wat hulle onthou van Nederland en die antwoord is waarskynlik windmeulens, klompe en tulpe. Jy hoef egter nie Nederland te besoek om hierdie bekende blomme in al hul prag te ervaar nie. Tulpe wat plaaslik by Rawsonville op die plaas Le Domaine gekweek word, is nou te koop by die proelokaal van Du Toitskloof-Wyne.
Tulpe is inheems aan bergagtige gebiede en blom letterlik in klimaat met ’n lang, koel lente en droë somer, wat die vorstelike Du Toitskloofberge die ideale plek maak waar hierdie skaars en pragtige blomme gekweek kan word.
Tulpe was in die 16de eeu ’n luukse wat slegs die rykes beskore was en is beskou as statussimbole deur Europa se aristokrate. Vandag verfraai tulpe huishoudings en konferensiesale oral ter wêreld en is steeds getrou aan die Hollandse gesegde dat elke blombol ’n belofte van ’n wêreld van kleur en blydskap in hom bewaar. Volgende keer as jy dus ’n draai by Du Toitskloof maak om wyn te proe of ontbyt of middagete by Sorina’s Deli te geniet, maak seker dat ’n bos van hierdie fluweelagtige blomme jou huistoe vergesel.
Du Toitskloof is geleë by die ingang tot die bekende Du Toitskloofpas en 90 km van Kaapstad. Vir meer inligting oor die tulpe of om te bestel, stuur ’n epos aan [email protected].