Ons weet teen hierdie tyd al dat plastiek nie goed vir ons omgewing is nie en dat ’n mens minder moet gebruik. Hier is ’n paar wenke
- Vat jou eie inkopiesakke saam winkel toe.
- Gebruik ‘n herbruikbare waterbottel.
- Hou jou eie koffiebeker by die werk of vat jou eie beker saam as jy gaan koffie koop.
- Pak jou middagetes in houers wat jy weer kan gebruik.
- Moenie groente in plastieksakkies koop nie.
- Sit oorskietkos in glashouers.
- LEES OOK: Het jy geweet dat jou Nespresso-kapsules herwin kan word?
- Moenie plastiekeetgerei koop nie.
- Kyk na watter onnodige plastiek jy in die huis gebruik.
BRON: www.lessplastic.co.uk