Gee jou sitkamer, leefvertrek of selfs daardie lekker onderdak-stoep ’n tikkie glans met ’n Hollywood-styl dranktafeltjie
Maryke Roberts
Dit werk ideaal as jy ’n lang, dun tafeltjie aan die agterkant van jou rusbank sit of teen ’n muur waar dit ’n fokuspunt sal vorm. As jy van antieke meubels hou, soek by ’n tweedehandse winkel vir ’n siertafeltjie en verf dit met glansverf soos Wessie en Cashandra van der Westhuizen van Gordonsbaai gedoen het. Hulle het die ou deurhandvastels vir iets meer modern verruil en ’n bamboes-skinkbord wat herinner aan koloniale tye daarop gesit.
Vir regte Hollywood-glans, sluit die volgende op jou dranktafeltjie in
• ’n Skinkbord met ’n interessante, kursiewe rant van pewter, bamboes of oorgeblaaste goud – sit ’n spieël op die bodem vir ekstra bling;
• ’n Kristal- of antieke ysbakkie met ’n storie;
• Jou mooiste glase vir wyn, sjerrie, of mengeldrankies;
• ’n Mooi ystangetjie;
• Kristalkraffies met sjerrie of port;
• ’n Bakkie met lemmetjies en suurlemoene;
• Interessante drankbottels of die drank wat die meeste deur jou en jou vriende gedrink word;
• Versier die tafel verder met potplante soos sierboompies, reuse orgidees of plante met groot, interessante blare.
SOURCES
Jac Kritzinger