Hulle sê om skoon te maak, is goed vir jou gemoed en jy weet dat ‘hulle’ nooit verkeerd is nie … Probeer hierdie uitdaging
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Daar is talle TV-programme met ghoeroes wat jou help om jou huis en lewe beter te organiseer. As jy lus is om op die declutter-wa te spring, het ons net die uitdaging vir jou.
Kyk, dis lekker om te versamel en dinge bymekaar te maak, maar daar is ook baie dinge wat jy nie gebruik nie en wat ander mense weer kan benut, of stukkende goed wat reguit ashoop toe moet gaan.
Onthou nou net hierdie uitdaging hoef nie ‘n aanhoudende projek te wees nie – dit gaan nie maklik wees om elke liewe dag hieraan toe te wy nie – maar jy kan dit dalk oor naweke doen of drie dae per week. Besluit self en maak saam met ons kop en huis skoon.
Ontklotter-uitdaging
DAG 1
Winkels toe met jou! Wat kan jy koop wat stoorplek makliker en mooier kan maak? Dink hier aan oulike mandjies, bakkies of houers. Dink funksioneel.
DAG 2
Organiseer vandag jou kamer.
DAG 3
Maak een van jou klerekaste skoon en pak dit reg.
DAG 4
Kyk in jou yskas wat al verval het, en gooi weg.
DAG 5
Gaan deur jou kombuiskaste en kyk wat jy moet weggooi of kan weggee.
DAG 6
Nou vir die kinders se speelgoed. Wat kan julle weggee of weggooi?
Geen kinders? Dan is dit tyd vir die gastekamers of kunsvlytkamers.
DAG 7
Verwyder onnodige toeps op jou foon en tablet wat jy nooit gebruik nie.
DAG 8
Maak jou motor binne skoon.
DAG 9
Gaan deur dáái laai. Ons almal het so ‘n plek in die huis waar al wat posstuk of biljet is, beland. Maak dit skoon en pak en gooi weg.
DAG 10
Liasseer dokumentasie wat lê en wag.
DAG 11
Organiseer jou sitkamer, eetkamer en braaikamer as jy kan of spasieer dit oor ‘n paar dae.
DAG 12
Gaan deur die badkamerkassies en gooi ou produkte weg.
DAG 13
Vandag is jou kuberkalender en dagboek se beurt. Skryf in en dateer dit op.
DAG 14
Maak vandag nog ‘n klerekas skoon.
DAG 15
Kry ‘n tydjie alleen vir rustig sit en dink en kopskoonmaak. Daar is ook ou lêers!
DAG 16
Maak nou jou e-posinboks skoon.
DAG 17
Raak van stukkende skoene en dié wat jy nie meer dra nie, ontslae.
DAG 18
Maak jou rekenaar se “desktop” skoon en maak plek deur onnodige items te verwyder.
DAG 19
Takel vandag nog ‘n klerekas in jou huis.
DAG 20
Kyk na die kas waarin skoonmaakbenodigdhede is. Organiseer dit en kyk wat jy kort.
DAG 21
Maak jou handsak en beursie skoon.
DAG 22
Is daar boeke wat jy graag wil weggee om plek vir nuwes te maak? Of kinderboeke wat jou kinders ontgroei het? Skenk dit.
DAG 23
Dis jou vrieskas se beurt. Is daar ‘n stuk vis wat al drie jaar vir jou loer? Dis sy beurt om te groet.
DAG 24
Nou is dit die koskaste. Gooi kos weg wat antiek lyk en rangskik volgens soort.
DAG 25
Is daar ‘n kas waarin jy geskenksakkies en allerlei goed inprop? Pak dit reg en smyt weg wat weggesmyt moet word.
DAG 26
Vaar vandag in die kinderkamers of gastekamers in.
DAG 27
Wat van die motorhuis, is daar iets wat jy kan regpak, organiseer en weggooi?
DAG 29
Nog ‘n klerekas wil vandag skoongemaak word.
DAG 30
Skenk al jul ou klere en speelgoed wat nog vir ander mense waarde sal hê en wens jouself met ‘n grootse poging geluk!
Aangepas, maar oorspronklike idee op www.kellyolightly.com