Dis nie nodig om ‘n groot tuin te hê om ure daarin te verwyl nie, ‘n klein tuin kan dieselfde effek hê.
Maryke Roberts
Tracy-Leigh Farrell van Parklands, ’n voorstad van Kaapstad, het ’n klein tuintjie in ’n ontwikkeling waar al die huise dieselfde boustyl het, in ’n lushof omskep.
Haar slim gebruik van hangmandjies met blomme in, klein groeperings potte met kruie in en standbeelde wat onder plante uitloer, gee haar tuin ’n unieke karakter.
Sy geniet dit om die sitkamer en klein stoepie deel te maak van die tuin en pluk graag blomme uit haar tuin om in los rangskikkings in haar huis te sit.
Sy glo elke tuinier moet in sy of haar tuin skep wat hulle wil, want dit is hul ruimte waar hulle skuiling teen die lewe gaan soek.
SOURCES
Jac Kritzinger