Kyk na die slim plan om gryswater in jou tuin te benut en so jou deel te doen om water (en geld) te bespaar
Esther Jacobs van Bloemfontein het besef daar moet ‘n maklike en goedkoop manier wees om water te hergebruik, maar sy kon nie ‘n produk kry wat gryswater maklik en goedkoop herlei nie.
“Ons het wyd en syd gesoek en toe uiteindelik ‘n oplossing in Italië gekry. Die Water Warrior bestaan uit twee stukke wat met PVC aanmekaar vasgeplak word en dit is dan op hierdie finale produk wat ek die patent besit. Die aanmekaarsit en verpakking word gedoen in Thaba Nchu deur 16 vroue van ons gemeenskapontwikkelingsprojek,” vertel Esther.
LEES OOK: Herwin. hergebruik, hersikleer
Die #WaterSavingRevolution het in 2015 ontstaan en vanjaar is die eerste Water Warrior-klub gestig wat poog om 10 miljoen liter water ‘n maand te spaar.
Dit klink amper ondoenbaar, maar omdat 60% van jou waterrekening gryswater is beteken dit dat die gemiddelde huishouding met ‘n waterrekening van R600/maand 22 000 liter water elke maand kan spaar.
Die Water Warrior is by alle Stodels takke asook Garden World (vir R110) en geselekteerde Mica winkels beskikbaar.
Klik hier om WaterWarrior se webwerf te besoek