Gee bestaande items ‘n nuwe voorkoms
Maryke Roberts
Jy kan maklik ’n unieke voorkoms aan jou huis en inhoud met ’n paar slim idees gee. Hester Kritzinger van Somerset-Wes het haar bedlinne opgetower met oulike kant wat sy bo-aan die bolakens gestik het en dit lyk nie net luuks nie, daar is geen ander bolaken wat dieselfde lyk nie!
Idees om jou huis ’n unieke stempel te gee
• Stik veelkleurige patroontjies of omboorsel aan jou kombuis-afdroogdoeke en hang dit oor jou stoof se oondhandvastel vir almal om te sien.
• Tower kussingslope in ’n japtrap op deur satynlintjies sowat een derde van die kant van die sloop vas te werk.
• Stik of werk met jou hand oulike kraletjies of veertjies aan lampskerms vir ’n nuwe voorkoms. Wanneer die lig brand sal die kraletjies of veertjies die lig deurlaat en interessante patrone skep.
• Werk oulike woorde in velt op jou strooikussings op jou bed, spaarkamerbed of sitkamerbank vas en laat jou gaste sommer ekstra welkom voel.
• Knoop verskeie kleure Franse lint aan deurknoppe, jou bed se kopstuk en aan jou stoepstoele of eetkamerstoele se rugleunings vas vir ’n vrolike somervoorkoms.
• Hang oulike bunting vlaggies in jou gunstelingkleure op jou stoep of in die kombuis.
SOURCES
Jac Kritzinger