Jy hoef nie ’n reusetuin te hê om ’n lekker leeshoekie in te rig waar jy kan sit en ontspan nie.
Maryke Roberts
• Kies ’n lekker koelteboom in jou tuin met ’n stukkie gelykgrond om die stam. Sit ’n rottang-, hout- of gietysterbankie daar en rig dit in met gemaklike kussings en ’n kombers vir koeler dae.
• As ruimte beperk is kan jy rondkyk vir oulike gietysterbankies wat om die boomstam pas en dan die stam as ruglening gebruik. Hulle word gewoonlik in kwarte verpak wat aanmekaar vasgeskroef word. Jy kan dan een helfte om een boom en die ander helfte om ’n ander boom gebruik.
• As jou tuin nie lekker koeltebome het nie, gebruik ’n hoekie waar jy hope plante teen die mure laat oprank wat die gevoel van ’n luukse binnehof sal gee en boonop die hitte bietjie in bedwang hou.
• Sit ’n voëlbak met water naby of kry ’n spuitfonteintjie p, want die geluid van sagte vallende water sal tot die gevoel van rustigheid bydra.
• As jy van kaalvoet loop hou, plant klein plantjies onder die boom, soos ment of tiemie, wat nie net sag op jou voete is nie, maar ook lekker ruik as die blare gekneus word.
* Wenke deur Fiona Stafford. Sy woon naby Raithby buite StellenboschSOURCES
Jac Kritzinger