Laat daar lig wees in jou huis.
Maryke Roberts
Om natuurlike lig in jou vertrekke in te bring, is ligte gordyne en wit bykomstighede altyd gewilde keuses, maar Willie en Carina Jordaan van die Strand buite Kaapstad, het besluit om met antieke spieëls en ’n ou waskom en emmer te speel.
Die spieëls bied interessante patrone teen ’n groot wit muur in hul badkamer en die waskom en beker is ou erfgoed, wat nou ’n pragtige uitstalplek op die bad se rant gekry het.
Kyk by tweedehandse winkels, vlooimarkte en antieke stalletjies vir Art Deco spieëls soos hierdie en versier jou mure, terwyl jy lig in die vertrek weerkaats en dit sommer groter laat vertoon.
SOURCES
Jac Kritzinger