Stal handgemaakte paaseiers oor die feestyd uit
Paaseiers van tou
BENODIGDHEDE
1 pakkie klein waterballonne
oorskietwol of -hekelgaring
skêr
Deco Art Glue (gom)
METODE
1 Blaas ballonne op en knoop toe.
2 Giet omtrent die helfte van ’n botteltjie gom in ’n bakkie. Week redelik baie wol of hekelgaring daarin sodat dit deurdrenk word.
3 Begin aan die toegeknoopte kant en draai die wol of hekelgaring om die ballon.
4 Hang klaar ballonne aan die knoopkant met ’n wasgoedpennetjie op om droog te word, verkieslik nie in direkte sonlig nie. Laat hang tot heeltemal droog.
5 Steek die ballon met ’n naald stukkend.
6 Haal die gebarste ballon deur die opening uit.
7 Pak dié paaseiers in ’n mandjie of ryg ’n toutjie deur sodat dit opgehang kan word.
8 Jy kan ook om die helfte handwerkgom en water gebruik om jou eie gom te maak.
Deco Art Glue werk goed vir hierdie projek. Dit word ook vir papiermachéprojekte gebruik. Beskikbaar by Her-Annies in Pretoria by 012 664 3553