Hierdie is ‘n bekostigbare stokperdjie en jy kan al jou oorskietplakboekpapier of enige geskenkpapier gebruik
Marlo Kitshoff-Carstens
Hierdie papierstokperdjie kom oorspronklik van Nederland en is bekend as Iris folding. Dit behels die vou van strokies gekleurde papier wat só geplaas word dat dit ‘n ontwerp vorm met ‘n binnekant wat die vorm van ‘n kamaralens weerspieël. Die kameralens word die iris van die kamera-oog genoem, vandaar die iris folding.
BASIESE BENODIGDHEDE
ontwerp soos sambreel en glas
wit karton
liniaal
potlood
skerppuntskêrtjie
papiermes
Magic-kleefband
gekleurde papier in vier verskillende kleure
papiermes
Hoe om die iris van papier te doen
1 Gebruik ‘n wit karton van ongeveer 14,5 cm x 10 cm vir die kaartjie.
2 Maak ‘n fotostaat van die ontwerp en knip dit uit.
3 Plaas die uitgeknipte ontwerp op die agterkant van die karton en trek dit met ‘n potlood na.
4 Knip die ontwerp baie presies met ‘n skêrtjie uit.
5 Plak twee stukkies Magic-kleefband aan die agterkant van die ontwerp, maar laat dit verby die kante steek. Plaas dit op jou werksoppervlak met die ontwerp na bo.
6 Plaas nou die gesnyde opening van jou kaartjie met die regte kant na onder oor die ontwerp op jou werksoppervlakte en druk dit vas sodat kleefband aan die kaartjie se regte kant vasplak. Die regte kant van kaartjie wys na onder en dit beteken dat die kleefband teen die regte kant van kaartjie geplak word en later afgetrek gaan word, maar dit sal nie die kaartjie beskadig nie.
7 Jy gaan nou aan die verkeerde kant van die kaartjie met papierstroke werk.
8 Vou die 2 cm breë, geknipte papierstroke ‘n derde om en druk die randjie met ‘n papiermes plat.
9 Maak eers al die stroke papier klaar en plaas die vier verskillende kleure in vier verskillende hopies.
10 Volg die nommertjies vir die kleure op die ontwerp.
11 Plaas die gevoude papierstroke presies teen die ontwerp se lyne soos aangedui.
12 Knip die papierstroke korter sodat dit net effens langer is as wat nodig is. Hou al die korter stukkies, want dit word weer gebruik wanneer kleiner stukkies benodig word, soos aan die binnekant van die ontwerp.
13 Knip die hoekies van die geknipte papierstroke skuins om die ontwerp dunner te maak.
14 Plak die papierstroke met stukkies Magic-kleefband vas soos wat jy vorder.
15 Doen die volgende kleur en hou só aan tot al vier kleure gebruik is.
16 Begin dan weer met die kleur wat eerste gebruik is en volg die nommers vir die kleure soos op die ontwerp aangedui.
17 Die binnekant word met ‘n klein stukkie silwer papier gevul.
18 Trek die ontwerp aan die voorkant van die kaartjie af. Die voltooide ontwerp sal nou na die regte kant deurskyn.
Vir die glaskaartjie
BENODIGDHEDE
21 cm x 15,5 cm wit karton
10,5 cm x 15 cm pienk karton
silwer plakkers vir “borrels”
ligblou strooitjie
1 papierblommetjie
gom
1 Vou die wit karton in die helfte vir ‘n kaartjie.
2 Plak die pienk karton bo-op en dan die voltooide wit gedeelte met die glas bo-op.
3 Plak silwer plakkertjies vir borrels op die kaartjies soos op die foto, asook die blommetjie.
4 Sny ‘n strooitjie korter en plak dit op die kaartjie soos op die foto.
WENK Sny die hoekies skuins vir variasie
Vir die sambreelkaartjie
BENODIGDHEDE
21 cm x 15,5 cm wit karton
10,5 cm x 15 cm turkoois karton
sosatiestokkie
stukkie ligbruin lint
1 blommetjieknopie
snoeiskêr
patroonpons
1 Vou wit karton in die helfte vir ‘n kaartjie.
2 Plak ‘n turkoois karton bo-op en dan die voltooide wit gedeelte met sambreel bo-op.
3 Knip die sosatiestokie met die snoeiskêr 7,5 cm lank. Draai ‘n lint om die sosatiestokkie en plak die lint se begin en eindpunte vas. Laat dit droog word.
4 Plak ‘n knopie en die sosatiestokkie op die kaartjie soos op foto en laat droog word.
WENK Pons die rand van die kaartjie met ‘n patroonpons indien verkies en rond die met “lekker verjaar” af
UITLEG Gebruik 100% grootte diagram vir die sambreel en koeldrankglas
Kleure gebruik
Vir die koeldrankglas
4 kleure papier is gebruik:
Blou kolletjiespapier word by 1a, 1b, 1c, 1d, 1e, 5, 9 en 13 gebruik
Pienk strepiespapier word by 6, 10 en 14 gebruik
Blou strepiespapier word by 7, 11 en 15 gebruik
Pienk kolletjiespapier word by 8, 12 en 16 gebruik
Vir die sambreel
4 kleure papier is gebruik:
Groen strepiespapier word by 5, 9, 13, 17 en 21 gebruik
Rooi kolletjiespapier word by 6, 10, 14, 18 en 22 gebruik
Blou strepiespapier word by 7, 11, 15, 19 en 23 gebruik
Pienk kolletjiespapier word by 8, 12, 16, 20 en 24 gebruik
Kan dalk maar net klein as credit gebruik word. Die diagramme kan orals verkry word maar ek is maar net bang. Diagramme verkry in 460 Iris Folded cards to Make deur Maruscha Gaasenbeek en Tine Beauveser (Search Press)
Om af te rond
(Gebruik asb. die foto van handgemaak met liefde hier)
Gebruik ‘n stempeltjie en ink om agterkant van kaartjie met jou persoonlike stempel af te rond.
Kaartjies gemaak deur Karin Waldeck en benodigdhede is beskikbaar by Her-Annies 012 664 3553
SOURCES
Andrea Caldwell