Hang die pompon string bo jou stoep of in die kinderkamer
Marlo Kitshoff-Carstens
Benodighede
• afrokam of harde karton
• skêr
• genoeg oorskietwol in verskillende kleure
• 5 m dun tou
• tapisserienaald
Stap-vir-stap
1 Draai die wol dik om die afrokam se tande of om ’n stukkie karton van 7 cm x 7 cm.
2 Knip ’n stukkie wol van dieselfde kleur van ongeveer 20 cm. Druk die stukkie wol deur die kam se tande en knoop dit in die middel van opgerolde wol styf vas of draai die wol om die karton.
3 Wikkel die opgerolde wol van die kam of karton af en knoop in die middel vas.
4 Steek die skêr by die kant van opgerolde wolbal in en knip deur die lae wol langs die kant. Doen dieselfde aan die ander kant.
5 Pof die deurgeknipte wol oop sodat dit ’n pompon kan vorm.
6 Knip waar nodig die pompon om dit mooi rond te maak.
7 Maak genoeg pompons en ryg die tou met die tapisserienaald deur die pompons. Werk versigtig met die pompons sodat dit nie uitmekaartrek wanneer dit geryg word nie.
8 Los omtrent 30 cm aan die begin en einde van tou oop waaraan dit vasgeknoop kan word.
9 Los omtrent 8 cm tussen elke pompon oop.
10 Hang dit in die kinderkamer, gang of enige plek waar dit vrolikheid en kleur sal verskaf.
SOURCES
Andrea Caldwell