Dis die tyd van die jaar wat ons aan Kersversierings begin dink. Maak hierdie oulike boompie uit wol
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Benodigdhede
1 keëlvormige polistireenvorm
gomgeweer
gomstokkies
1 groot bal DK-wol van jou keuse
klompie gekleurde pom-pons
Metode
- Plak die beginpunt van die wol aan die onderkant van die keëlvorm vas.
- Draai ’n bietjie van die wol om die keël en plak weer vas.
- Draai wol verder om die keël en plak met ’n bietjie gom in posisie vas. Hou so aan tot die keëlvorm heeltemal met groen wol bedek is.
- Plak gekleurde pom-pons oral oor die wolboompie vas.
- Rond die bokant van boompie af soos verkies.