Maak hierdie pragtige krans met al jou oorskietwol en polistireenballetjies
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Benodigdhede
- 1 ronde polistireenkrans (34 cm deursnee)
- ongeveer 25 klein polistireenballetjies (3 cm in deursnee)
- ongeveer 25 (4 cm in deursnee) middelslag-balletjies
- ongeveer 20 groot balletjies (6 cm in deursnee)
- 6 tot 8 verskillende kleure dik wol
- gomgeweer (glue gun)
- skêr
- 3 m breë lint om krans aan op te
- hang (opsioneel)
LEES OOK: Hoe om ’n servet in ’n Kersboomvorm te vou
Metode
- Gebruik verskillende kleure oorskietwol en rol dit om die polistireenballetjies. Plak hier en daar met die gomgeweer vas sodat dit nie afrol nie.
- Draai genoeg wol om sodat die wit van die polistireen nie deurskyn nie. Sny die wol af wanneer die balletjie met genoeg wol bedek is. Plak die punt van die wol met die gomgeweer vas.
- Maak eers al die balletjies klaar en besluit hoe dit op die ronde poli- stireenkrans vasgeplak moet word. Gebruik ’n gomgeweer om dit te doen.
- Bind ’n lint om die krans waaraan dit opgehang kan word (opsioneel).