Maak ‘n mosaïeksleutelhanger wat sommer as ‘n kunswerk teen jou muur kan pryk
Marlo Kitshoff-Carstens
Voëltjiehokkies
BENODIGDHEDE
60 cm x 35 cm hout
houtsaag of elektriese figuursaag
liniaal en potlood
skuurpapier
wit waterbasisverf
klein kwassie
5 sleutelhakies
2 mediumgroot velle blou mosaïekteëls
1 klein vel wit mosaïekteëls
1 klein vel ligblou mosaïekteëls
1 klein vel donkerblou mosaïekteëls
3 rooi harte
4 voëls in verskillende kleure
3 katte in verskillende kleure
9 blomme
1 lang groen blomstingel
2 tot 3 lieweheerbesies
2 tot 3 naaldekokers
3 ronde, gekleurde keramieksirkels
3 teëls met verskillende blou patrone (vir agtergronde)
Houtgom, soos Ponal
teëlsnyer
teëlknipper
ou handdoek
wit voegbry (grout)
ou botterbakkie
plastieklepel
dik kombuishandskoene
ou bankkaart
wit kombuispapier
ou spons
sagte lappie
2 sterk hakies om mosaïek aan op te hang
Doen dit eers
1 Sit stuk hout reghoekig voor jou.
2 Meet 60 cm breedte in 20 cm-lengtes af. Elke voëlhok is dan 20 cm breed.
4 Merk elke voëlhok in helfte.
5 Meet 20 cm langs kant van hout en merk aan albei kante.
6 Trek reguit lyn in middel van elke voëlhok na bo vanaf gemerkte middelpunt.
7 Trek gepunte dakke op voëlhokke met 14cm-val (op skuinste van dak)
8 Saag dakgedeelte uit.
9 Skuur growwe kante van hout tot glad.
10 Verf buiterand van voëlhokke. Wend 2 tot 3 lae verf aan sodat dit heeltemal bedek is. Laat goed droog word.
11 Draai sleutelhouerhakies in middel van elke voëlhuis soos op hout gemerk en ook nog 2 hakies tussenin, soos verkies.
Beplan en plak
1 Plak kant van elke voëlhok met verskillende kleure teëls soos op foto aangedui. Plak ook blou teëls vir dakgedeelte soos op foto aangedui.
2 Plak grootste versierings eerste vas, soos harte, blomme, katte en voëls.
3 Breek of knip groen blomstingels af in lengte wat benodig word en plak saam met blare vas soos verkies.
4 Laat mosaïek goed droog word.
5 Onthou alle mosaïekplakwerk moet met Ponal of enige houtgom gedoen word.
Die laaste afronding
1 Breek met teëlknipper verskillende bedrukte blou teëls met patrone in klein stukkies.
2 Vul elke voëlhok met ander bedrukte teël wat reeds gebreek is. Volg foto.
3 Laat lê mosaïekvoëlhuise plat tot goed droog, verkieslik oornag.
Die laaste stap
1 Gebruik 375 ml (1½ k) voegbry in botterbakkie en voeg klein bietjies water op slag by.
2 Roer voegbry met plastieklepel tot goed gemeng en sonder klonte.
3 Moenie te veel water byvoeg nie. Die voegbry moet dikte van tandepasta hê, dan is dit die regte dikte. Trek handskoene aan om jou hande te beskerm.
4 Gebruik ou bankkaart en vee aangemaakte voegbry so netjies as moontlik in gleufies.
6 Laat voegbry vir 15 minute hard word.
7 Gooi botterbakkie en lepel, asook enige oorblywende voegbry weg.
8 Gebruik kombuispapier en vee oortollige voegbry af.
9 Gebruik ou spons wat net klam is en vee oor teëls sonder om gaatjies in voegbry te laat.
10 Plaas in son vir 20 minute sodat voegbry goed kan hard word.
11 Gebruik sagte lap en vee oortollige vaalheid van voegbry wat nog agtergebly het, weg tot blink.
12 Draai hakies aan agterkant van klaar mosaïek vas sodat dit opgehang kan word.
Benodigdhede beskikbaar by The Clay Club. Bel 012 804 0815 of besoek www.theclayclub.co.za
SOURCES
Andrea Caldwell