Ons het hierdie gids vir julle uit argiefmateriaal saamgestel en ook drie patrone uit ons hekel- en breiboek ingesluit.
Ons is almal huisgebonde en ons hoop hierdie resepte, artikels, patrone en kortverhale help julle om die dae sinvol en hoopvol deur te bring. Sterkte!
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.