Ons derde aanlyn uitgawe is uit nuwe sowel as argiefmateriaal saamgestel.
Daar is ook twee patrone uit ons hekel- en breiboek ingesluit en ons brei- en hekelghoeroes, Christa Swanepoel en Hilda Steyn, het spesiaal patrone geskryf vir diegene wat van handwerk hou. Je’Maine van Kradenburg, ons kunsredakteur, wys jou ook hoe om in ’n japtrap kuns vir ’n kinderkamer te maak. Ons hoop hierdie Tuisblygids help julle om die dae sinvol en hoopvol deur te bring.
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.