Ons het vir oulaas ’n aanlyn uitgawe, want ons is nou weer volstoom besig om aan ons volgende gedrukte uitgawes te werk. Ons 15 Mei-uitgawe is Maandag 11 Mei op die rakke
Hierdie tuisblygids het ons weer uit nuwe en argiefmateriaal saamgestel. Lees onder meer hoe om ‘n begroting op te stel en van die positiewe dinge wat nou gebeur. Hou die kinders besig met papierpret en ’n skattejag of trek die breinaalde en hekelpenne nader. Daar is ook resepte en verhale en ons sluit ook die eerste hoofstuk van Francois Bloemhof se nuwe vervolgverhaal in. Jy kan die tweede hoofstuk in ons 15 Mei-uitgawe lees.