Ek het die kas raakgeloop en geweet dit gaan perfek werk waar ek dit wou gebruik. Die kleur was nie heeltemal reg nie, maar dit kon ek verander om ook eksieperfeksie te pas
Voor
My geliefde sweer as hy lank genoeg stil staan, gaan ek hom ook verf. As hy weer sien, is die kas wat gister nog groen was nou allerlei kleure. Dis ook nou nie heeltemal waar nie, want hierdie projek is nie ’n oornagprojek nie. Dit het my vier dae geneem om te voltooi. Van voorbereiding en skuur tot finale seël en politoer.
Die oorspronklike kleur en nommers op die laaie was vir my mooi, maar die kleur het nie by die dekor waar dit staan, gepas nie. Ek wou al lankal probeer om ’n laaikas in verskillende kleure te verf sonder dat dit te deurmekaar lyk. Trouens, dis tans ’n gewilde dekorneiging en jy kry soorgelyke kassies te koop – teen ’n prys natuurlik! Die oorspronklike verf was net een laag en om die “distressed“-voorkoms te kry, is die verf aan die kante van die kas en die laaie geskuur. Met die begin van my projek het ek die hele kas en al die laaie dus eers goed afgeskuur om van alle moontlike los stukkies verf ontslae te raak. Toe kon ek met die lekker deel begin en het ek my verkwaste en Granny B’s Old Fahioned Paint nader getrek
Dis hoe ek dit gedoen het
Kassie Drie lae Daisy White en twee lae seëllaar (Granny B Armour) Dun laaie Drie lae Dove Grey en twee lae seëllaar Ander laaie Drie lae verf en twee lae seëllaar Afronding Die twee laaie met découpage en stensilwerk het elkeen nog twee lae seëllaar bo-oor gekry. Al die laaie en die kassie het ’n laag Cobra-politoer gekry, wat ek ná sowat 15 minute met die sagte kant van ’n opwassponsie glad gepoets het.
- Daisy White met découpage
- Midnight Blue met stensilwerk in Daisy White
- 50/50-mengsel van Midnight Blue en Daisy White met stensilwerk in Daisy White
- Overcast
- Red Heart Love met stensilwerk in Dove Grey
- 50/50-mengsel van Teacup Green en Icicle Blue
- Olive Charm met stensilwerk in Dove Grey
- Dove Grey
- Peppermint Twist met stensilwerk in Dove Grey
- 50/50-mengsel van Dove Grey en Daisy White
- Red Velvet
- Teacup Green
- General Lee met titsels Chocolate Cake en Red Heart Love
- Cherry Jam met découpage
- Daffodil met titsels Red Heart Love, Chocolate Cake en General Lee
Verfprodukte van Granny B’s Old Fashioned Paint. Kontak Yolande Terblanche (082 448 7117) om uit te vind waar jy die verf kan koop. www.grannyb.co.za en op Facebook, Granny B’s Old Fashioned Paint
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.