Lees hier watter kruie goed saam met watter kossoorte werk
BASILIEKRUID Hoendergeregte, vleisstowegeregte, met tamaties, pesto, slaaie, visgeregte
BERGAMOT Blare en blomme in slaaie, blare in varkvleisgeregte
DILLE Aartappelslaai, komkommerslaai, piekels, visgeregte
DRAGON Asyn, gebraaide hoender, gegeurde botter, gestoomde groente
KAMILLE Eetbare blomme in slaai, gedroog in kruietee
KERWEL Eierdisse, groente, sop, vis
KOLJANDER Kerrie, saad in kerrie en stowegeregte, salsas, vars blare in gegeurde geregte
KOMYN Groentegeregte, kerrie
MARJOLEIN Griekse geregte, stowegeregte, vulsels (veral saam met kruie soos tiemie en salie)
ROOSMARYN Hoender, kleinkoekies, gebraaide lamsvleis, roomys, skons
SALIE Eend, varkvleis, vulsels
SITROENGRAS Infusie vir souse en room, vir sout en soet geregte (verwyder voor opdiening), in kruietee
SITROENVERBENA Blomme in slaai, in kruietee
TIEMIE Bouquet garni, glanswortels, kapokaartappels
VINKEL Slaai, visgeregte, vulsel vir forel