Gebruik die ontwerpe en speel met kleur of borduur dit in een kleur vir ’n monochrome kamer
Deur: Karen Adenhorff
Moeilikheidsgraad: Maklik
Benodigdhede
Wit 16-telling-Aida-gaasstrook of gaas
Wit lakenlinne
Algemene naaldwerkbenodigdhede
LEES OOK: Hekel ’n spiraalsjaal
Aanwysings
Bepaal die lengte van die gaasstrook – onthou om naattoelatings in berekening te bring.
Beplan jou ontwerp op die strook – dit kan óf ‘n sentrale óf ‘n aaneenlopende ontwerp wees.
Borduur die strook.
Knip die kussingslope uit die lakenlinne en stik die strook op die voorpant vas.
Voltooi die kussingsloop.
