Kombineer jou borduurwerk met saadkraletjies om dit interessant af te rond en ’n sterk etniese gevoel te gee – ’n spogkussing!
Karen Adenhorff
Moeilikheidsgraad: Maklik
Grootte: 14 x 50 cm
Benodigdhede
14-telling wit Aida-gaas
Katoenmateriaal van jou keuse vir voor- en agterkant
Ritssluiter
Saadkraletjies
Algemene naaldwerkbenodigdhede
2 m-koord
Aanwysings
Bepaal hoe jy die sirkels op die strook wil plaas. In plaas van die kralesirkels, kan jy ook meer sirkels borduur. Die keuse is joune. Gebruik die sketse A en B as riglyne vir die kralesirkels.
Sodra al die sirkels geborduur is, kan ’n 1 cm-soompie aan die lang sye van die strook gepars word.
Knip jou kussing se 50 x 50 cm-voorkant uit die katoenmateriaal. Bepaal die middel van die strook en die middel van jou kussing en steek vas.
Stik die strook vas.
Knip twee agterkante (50 cm x 27 cm) met naattoelatings reg rondom en sit die ritssluiter in of vra iemand om jou daarmee te help.
Plaas die voor- en agterkant met regte kante op mekaar en steek vas. Los die ritssluiter effens oop.
Stik die kussing reg rondom vas en dop deur die ritssluiter om.
Werk die koord met klein stekies reg rondom die kussing vas.
SOURCES
Elmarie Knapton