Die meeste van ons se voertuie staan nou net in die motorhuis. Daar is egter ‘n paar dinge wat jy moet doen om te verseker dat jou voertuig weer reg is om te ry as dit moet
- Indien moontlik parkeer jou voertuig in die motorhuis of onder ‘n afdak of maak jou kar toe met ‘n motorbedekking. Dit sal help dat jou voertuig skoon en netjies bly en ook dat enige vloeistowwe van jou voertuig minder verdamp.
- Dit sal beter wees om die voertuig se battery te verwyder as jy regtig glad nie gaan ry nie, maar jy kan dit ook net elke drie dae aanskakel om seker te maak die battery loop nie af nie.
- Maak die uitlaatpyp se gat met ‘n stuk lap toe om te voorkom dat muise en dies meer daar kan inklim as jou voertuig lank staan. Los ‘n nota op jou stuurwiel om dit te verwyder voor jy weer ry.
- Om te keer dat ruitveërs aan die ruit vaskleef, sit plastiek tussen die veërs en die ruit.
- Moenie versekering en padbystandsdienste kanselleer nie, dit kan jou eise in die toekoms beïnvloed. Jy sal ook steeds enige tyd jou motor in ‘n noodgeval moet gebruik en dan het jy nie dekking sou iets gebeur nie.
- Sorg dat daar vir ‘n noodgeval brandstof in jou voertuig is. Dit sal ook help dat jou voertuig se brandstoftenk nie roes nie.
- Moenie jou handrem vir lang tydperke optrek nie, dit kan jou handremkabel beskadig. Sit eerder jou kar in rat.
- As jou voertuig langer as ‘n week op dieselfde plek staan, trek die voertuig vorentoe of agtertoe om swak plekke op jou bande te voorkom.
Inligting verskaf deur CAN Infinity wat tydens die inperkingstydperking essensiële dienste verskaf. CAN Infinity: 011 801 0000 in ‘n japtrap en www.caninfinity.co.za
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.