1. Gebruik ‘n vierkantige stukkie papier (maak nie saak watter grootte nie, solank dit ‘n perfekte vierkant is – al vier sye ewe lank).
2. Vou die hoek regs onder na die hoek links bo.
3. Vou oop.
4. Vou die hoek links onder na die hoek regs bo.
5. Draai nou die driehoek dat dit só voor jou lê.
6. Vou die hoek regs net verby die bopunt .
7. Doen nou dieselfde met die hoek links – vou dit verby die bopunt. Nou het jy drie hoekies bo.
8. Keer die figuur om sodat die vlieërvorm na jou toe wys.
9. Vou die regterhelfte na die linkerhelfte (nou bly daar twee hoekies bo oor).
10. Knip op die lyn sodat jy ‘n perfekte lang driehoek oor het.
11. Knip jou eie patrone – driehoekies – uit aan beide kante van die driehoek. As jy die onderpuntjie van die driehoek afknip, het jou sneeuvlokkie ‘n gaatjie in die middel.
12. Vou die driehoek oop en daar het jy jou sneeuvlokkie!