Jy ry waarskynlik ’n indrukwekkende vuurwa. Maar is jy ewe trots op die toestand van jou bande?
Die bande van jou voertuig vervul een van die belangrikste veiligheidsfunksies daarvan – dit hou jou motor op die pad of dit nou sous en of jy ‘n slaggat tref. Maar ons dink dikwels dit is iemand anders se verpligting om na ons motor se wiele en bande om te sien (soos wanneer die motor gediens word). Verkeerd – dit is hoog tyd dat ons self weet waarvoor om te soek, lank voordat ’n probleem opduik.
Hier is die belangrikste vrae wat jy jouself kan afvra:
Lek jou bande?
As jy gereeld jou bande moet laat opblaas, is dit nodig om die band ter sprake te laat afhaal en deeglik te laat ondersoek. Klein gaatjies kan teen minimale koste met ‘n spesiale “prop” reggemaak word. Jou diensverskaffer sal jou kan inlig of die band op hierdie manier herstel kan word sonder om jou padvaardigheid te beïnvloed. ‘n Ander manier om te verseker dat jy altyd vir enige situasie voorbereid is, is om seker te maak dat jy betroubare versekeringsdekking het, wat ’n nooddiens insluit.
Balanseer jy jou bande gereeld?
Gebalanseerde bande beteken eweredige gewigsverspreiding. Jou motor sal nie net makliker stuur nie, jy sal op die duur ook geld spaar. Bande is duur. Gebalanseerde bande verweer eweredig en verseker só ‘n langer leeftyd.
Rotasie?
Ruil jou bande een of twee maal per jaar om. Jou diensstasie sal die voorste bande agter aanbring en andersom. Weer eens verseker dit dat jou bande eweredig sal verweer en langer sal hou.
Wielsporing
Belyning verseker dat jou bande en die voertuig se veringstelsel oplyn. ’n Wielsentrum sal jou aanraai hoe dikwels dit nodig is afhangende van die toestand van en hoe oud die bande is .
Word die bande gewas wanneer die motor gewas word?
Vreemde voorwerpe soos klippe, skroewe of spykers kan in die gleuwe van jou bande skuil. Jy kan skade vroegtydig voorkom as jy dit kan verwyder.
Die feit van die saak is egter dat, ten spyte van die beste voorsorgmaatreëls, is dit steeds moontlik dat jy ‘n pap wiel kan kry. Dit is waarom dit ewe noodsaaklik is om versekeringsdekking uit te neem deur ’n maatskappy wat ‘n uitstekende nooddiens bied. So ‘n diens behoort ook ’n ongewone impak deur middel van ‘n opsporingstelsel te kan identifiseer en hulp te kan uitstuur, waar jy jouself ook al bevind. Maak sommer vandag al werk daarvan!