Vul jou huis met harte, nie net vir Valentynsdag nie
Marlo Kitshoff-Carstens
Harte aan ‘n tou
1 Knip hartvorms van vier verskillende groottes uit gewone papier.
2 Gebruik dit as patroon en knip harte van elke grootte uit plakboekpapier of enige ander mooi papier.
3 Vou harte in helfte en plak dit in vougedeelte teen mekaar vas sodat harte vier kante het.
4 Druk gaatjie deur bokant van harte en bind ‘n lint of toutjie aan elke hart.
5 Hang klaar hartjies aan sterker toutjie op en hang in die huis op waar jy dit heeldag kan sien.
Kers omhul met liefde
1 Knip verskillende groottes hartjies, nie groter as 2 cm nie, uit stukkies oorskietkarton.
2 Kap met spyker op kapplank gaatjies deur middel van hartjies.
3 Steek dun draad deur kartonhartjie, gevolg deur paar kraletjies en dan weer ‘n hartjie. Draai draad tussen hartjies vir ‘n ander dimensie.
4 Maak so ‘n lang string met hartjies en krale wat om die breedte van ‘n kers sal pas.
5 Draai die begin en einde van draad aan die agterkant van kers vas en knip oortollige draad af.
Vir jou venster
1 Knip langerige hart uit gewone papier en gebruik dit as patroon. Trek nog twee kleineres af wat bo-op hart vasgewerk gaan word.
2 Gebruik hierdie patrone harte uit verskillende stukkies materiaal. Knip twee harte van groot hart sodat dit ook aan die agterkant gebruik kan word.
3 Werk twee kleiner materiaalhartjies met hand bo-op groter materiaalhart vas. Gebruik borduurgaring sodat die handstekies mooi gesien kan word.
4 Plaas die twee groot materiaalhartjies op mekaar en werk met hand vas. Vul die binnekant met watte of stoffeersel.
5 Werk ‘n lint of geskeurde materiaalstrook aan bokant van hart vas net voordat jy dit heeltemal toewerk, sodat dit opgehang kan word.
6 Gebruik ‘n growwe koord van 2 m en ryg gekoopte metaalhartjies, wasgoedpennetjies, klein emmertjies, ensovoorts aan die koord.
7 Ryg koord deur die metaalgedeelte van wasgoedpennetjies en hang foto’s of plekke wat jy besoek het, daaraan op.
8 Só kan jy dit elke keer verander soos die gier jou beetpak.
9 Vul die emmertjie ook met enigiets wat vir jou mooi is of sommer met blommetjies, soos laventel, wat boonop lekker ruik.
Toegedraai met liefde
Gebruik ‘n gekoopte metaalblik en plaas ‘n swartbordhartjie met ‘n magneetstrook daarop. Die hartjie kan weer later op ‘n aansteekbord of op die yskas gebruik word.
Benodigdhede beskikbaar by Her-Annies 012 664 3553 en swartbordhartjie by Giggle 082 494 2990.
SOURCES
Andrea Caldwell