Maak ‘n bad- of deurmatjie van kurkproppe. Dis goedkoop, prakties en pret om self te maak
Marlo Kitshoff-Carstens
Matjie
BENODIGDHEDE
ongeveer 180 wynbottelkurkproppe van omtrent dieselfde lengte en dikte
gomgeweer of sterk gom
1 ou badmatjie (natuurlike kleur)
liniaal
kapplank om op te sny
skerp handwerkmessie (enti-cutter)
growwe skuurpapier
Metode
1 Sny proppe op die kapplank lengtegewys in die helfte.
2 Skuur proppe se onderkante gelyk as dit oneweredig gebreek het met die snyery. Hoe gelyker die onderkant, hoe mooier gaan die eindproduk wees.
3 Begin deur die gesnyde kurkproppe met gesnyde kant na onder met genoeg gom op die randgedeelte van badmatjie te plak.
4 Vul die binneste gedeelte van badmatjie met die oorblywende proppe. Meet en pas sodat daar so min as moontlik openinge is.
5 Laat dit goed droog word.
WENK Indien verkies, kan jy kurkproppe met seëlaar verf
SOURCES
Andrea Caldwell