Jy kan al dié bykomstighede vir die Paastyd vir jou huis maak of dit as fokuspunt vir die Paasete gebruik
Marlo Carstens
paar hoendereiers
skerp dik naald
wit stokperdjieverf
plat kwas
paar tandepastadoppies
1 pakkie wit blinkertjies (sequins)
gom
klein ronde houtkransie
klompie deurskynende kristalkrale
klompie groen kristalkrale
gomgeweer
klompie Paaseiers
1 groot kers
1. Steek eier aan bo- en onderkant stukkend en skud of blaas inhoud uit.
2. Was eierdoppe met skottelgoedseep. Laat eenkant om droog te word.
3. Verf een helfte van eierdop met stokperdjieverf. Plaas op tandepastadoppie om droog te word. Verf ander helfte. Ongeveer vyf tot ses lae mag nodig wees.
4. Plak blinkers op eier soos verkies. Doen ook eers een helfte van eier en laat droog word voor ander helfte gedoen word.
5. Plak eiers met gomgeweer op kransie vas.
6. Plak kristalle soos verkies met gomgeweer op krans vas.
7. Plaas dik wit kers in middel van krans en vul verder met gekoopte Paas eiers in verskillende kleure foeliepapier.
SOURCES
Peter Whitfield en Elmarie Knapton